Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Damesontbyt vir Red ‘n Kind

Die damesontbyt vir 'n kinderbeskermingsprojek het goed gegaan.

’n Damesontbyt ten bate van die Red ’n Kind-kinderbeskermingsprojek is op 23 Augustus aangebied.

Die doel van die geleentheid, wat by Retire@Midstream Estate plaasgevind het, was om geld in te samel vir die CMR-projek. Tot op hede is reeds R180 000 vir die jaar ingesamel.

Die gaskunstenaar was Vicky-Anne Serfontein en die tema was: My geskenk van Bo!!…uit Hom, deur Hom, tot Hom.

Sy was vir 10 jaar ’n aanbieder by Radiokansel van programme soos Spitstyd, Spektrum, In Pas en ander.

In 2005 het sy besluit om voltyds in die sangbediening in te gaan en het sedertdien reeds vyf gospelalbums vrygestel.

Vicky-Anne het ook vyf ATKV-Liertoekennings as finalis ontvang, waarvan onder andere vir Beste Debuutalbum, Beste Afrikaanse Nuutgeskrewe lied en Beste Vroulike kunstenaar.

Sy het in 2012 twee Tempo-toekennings gewen vir die sekulêre lied, Maybe Baby Vanaand, wat sy vir Karlien van Jaarsveld geskryf het, tydens die Huisgenoot se liedjieskryfkompetisie en die lied is ook as die lesers se gunsteling aangewys.

Vicky-Anne het intussen ook twee kommersiële enkelsnitte, Sprokiesland en 1000 Drome vrygestel, wat nommer een was by verskeie radiostasies, soos Radio Rippel, Bosveldstereo en Bok Radio se Top 20. Sprokiesland is in 2012 ook genomineer as finalis van Radio Rippel se lied van die jaar.

Sy en haar man bestuur hul eie onderneming, Anointed M, waar sy tans die kreatiewe direkteur is.

Tussendeur is sy ook doenig met motiveringspraatjies, stemwerk vir radio-advertensies en -produksies en bied vanjaar haar eerste Dare2Dream Uitvoerende Kunstefees aan) in die Atterbury-teater in Pretoria.

Die gaste is ook verras met ‘n spesiale gas, Morne Emery. Morne Emery is ‘n trotse ambassadeur van CMR Noord en die Red-‘n-Kind-projek. Hy is tans ook ‘n finalis in die 2014 Mnr Suid Afrika-kompetisie.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, ‘like’ Rekord on Facebook and follow us on Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button