Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Skrywer bied insig oor bosoorlog

Die bekendstelling van Weermagstories het teen die agtergrond van die Voortrekkermonument se Erfenissentrum plaasgevind.

Die Erfenissentrum by die Voortrekkermonument was onlangs die gasheer van die bekendstelling van die nuutste boek uit die pen van Roelf Schoeman, Weermagstories – Dienspligtiges verbreek die stilte.

Die geleentheid het begin met ‘n glasie wyn om die koue te verdryf en deur die loop van die aand is meer insig gebied oor die verhaal en die skrywer.

Teen die agtergrond van die indrukwekkende Erfenissentrum kon gaste regtig deel voel van Weermagstories.

Die boek, uitgegee deur NB-uitgewers, vertel die ware verhale van weermagveterane en sluit ook hul ontstellende ervarings en dié se nagevolge in.

In Weermagstories ondersoek Schoeman die psigologiese impak van oorlogtrauma en bied advies aan veterane en hul families, om vrede te maak met hul verlede.

Die geleentheid is geopen deur Generaal Gert Opperman, die besturende direkteur van die monument se Erfenissentrum.

Vir meer nuusbrokkies, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button