Community galleriesGalleries

Saarkie sorg vir goeie musiek

  Rockaanhangers het Saterdag omtrent pret gehad toe Saarkie by die Harley Davidson Route 66 Diner by Menlyn­sentrum opgetree het. Dié meisie rockgroep van Pretoria het die skare laat juig toe hulle die verhoog betree het en hul aanhangers aan hul lippe laat hang het. Saarkie bestaan uit Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), Lila Botha (tromspeler) …

Chantelle Geyser, Shaun van Niekerk en Christie van der Merwe
Chantelle Geyser, Shaun van Niekerk en Christie van der Merwe

 

Rockaanhangers het Saterdag omtrent pret gehad toe Saarkie by die Harley Davidson Route 66 Diner by Menlyn­sentrum opgetree het.

Dié meisie rockgroep van Pretoria het die skare laat juig toe hulle die verhoog betree het en hul aanhangers aan hul lippe laat hang het.

Saarkie bestaan uit Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), Lila Botha (tromspeler) en Lourene Mostert (baskitaar en klawerbord).

“Ons het al ‘n groot groep aanhangers in Pretoria en ons is mal daaroor om almal te sien as ons hier optree,” het Fouché gesê.

Hul aanhangers het behoorlik na hul optrede uitgesien.

Jonathan Peyper, ‘n musikant, het al saam met Saarkie opgetree en sê hy is gek oor hul musiek.

Christie van der Merwe, nog ‘n aanhanger, was saam met die lede van Saarkie op universiteit en woon gereeld hul optredes by.

Botha het vertel dat die groep binnekort gaan toer, maar dat Pretorianers hulle weer oor ‘n paar maande kan sien by, onder andere, Aandklas in Hatfield.

Die groep het ook ander goeie nuus vir hul aanhangers.

“Ons is besig met ons derde album, wat later die jaar uitgereik word. Ons kan nog nie te veel verklap nie,” het Fouché gesê.

Mostert het meer vertel oor die groep se musiekstyl en toekoms.

“Ons werk baie hard op die oomblik, veral aan ons nuwe album. Ons is ‘n unieke groep omdat ons ‘n meisie rockgroep is, maar ek glo dat daar ‘n mark vir ons styl is in Suid Afrika. Ons mik na die beste.”

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button