GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Tygies hou Kaskardag van toeka tot nou

Daar was enigiets vanaf ruimtemannetjies tot dinosourusse en oermense.

Laerskool Tygerpoort se onlangse kaskardag was weereens ’n groot hoogtepunt op elke Tygieleerder se kalender.

Vanjaar se tema was “Van toeka tot nou”, waar Tygies terugkyk in die verlede en uitsien na ’n blink toekoms.

Mammas het baie hard gewerk om elke leerder aan te trek volgens hierdie tema.

Daar was enigiets vanaf ruimtemannetjies tot dinosourusse en oermense.

Die tagtigerjare se leerders was baie helder en moeilik om te mis.

Die “Grease”-era het te pragtig gelyk met hul melkskommels en gel-hare.

Daar was ook die Internet-era, die “hippies” met al hulle blomme en brille, en die graad 7’s wat uitgevat was vir die “Gatsby”-era.

Die skool se kaskardag het geëindig met ’n heerlike wolkbreuk.

Dit was ’n dag om te onthou.

Die skool sê dankie aan elke leerder en ouer wat hierdie fees- en geesmiddag saam geniet het.

Tygies hou Kaskardag: Van toeka tot nou.
Tygies hou Kaskardag: Van toeka tot nou.
Tygies hou Kaskardag: Van toeka tot nou.
Tygies hou Kaskardag: Van toeka tot nou.
Tygies hou Kaskardag: Van toeka tot nou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button