Local newsNews

Die FAK vereer Steve Hofmeyr

Die FAK is van mening dat ’n kunstenaar se persoonlike standpunte wat deur sommige as omstrede ervaar mag word, geen rede is om nie erkenning te gee en dankie te sê waar dit hom toekom nie.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan Steve Hofmeyr vir sy reuse bydrae tot Afrikaanse musiek oor ’n tydperk van 30 jaar vereer.

Hofmeyr gaan in September tydens ’n konsert in Pretoria met die FAK Prestige-toekenning vir besondere kultuurprestasie vereer word, waar hy en verskeie ander kunstenaars ook van sy liedjies sal sing.

Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê Hofmeyr het sedert die laat tagtigjare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword met sy rol in die televisiereeks, en latere rolprent, Agter Elke Man.

“Die FAK is van mening dat ’n kunstenaar se persoonlike standpunte wat deur sommige as omstrede ervaar mag word, geen rede is om nie erkenning te gee en dankie te sê waar dit hom toekom nie.

“Dit is vanjaar presies 30 jaar sedert Steve in 1989 sy eerste musiekalbum bekendgestel het. Sedertdien het Steve oor drie dekades diep spore in die musiekbedryf getrap, met meer as 15 Afrikaanse albums, waarvan vele platinum-status bereik het.”

LEES OOK: Steve Hofmeyr sterk aan na bloedklont-dilemma

Langner sê die FAK het veral groot waardering vir die erkenning wat Steve met sy Toeka-CD’s ook aan ander kunstenaars gegee het, ongeag of hy met hulle persoonlike oortuigings saamgestem het of nie.

“Dit sal jammer wees as individue en organisasies se voorskriftelike politieke agendas die rede is waarom die FAK nie vir Steve erkenning mag gee vir sy werk ten bate van Afrikaanse musiek oor dekades nie. Steve is ’n reus in die Afrikaanse musiekbedryf en met goeie rede een van die gewildste Afrikaanse sangers tot op hede.”

Die FAK gee sedert 1937 erkenning aan Afrikaanse kunstenaars, toe die eerste FAK-sangbundel bekendgestel is. Die afgelope paar jaar het die FAK erkenning aan verskeie Afrikaanse kunstenaars gegee wat sedert die tagtigerjare ’n reuse bydrae gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

LEES OOK: WATCH: UPDATE: Steve Hofmeyr’s traffic music video released

“Die FAK is vir my die gom wat ’n dinamiese volkie aanmekaar hou. Sy speel haar rol as gemeenskaplike faktor al vir 90 jaar. Ons het haar nou nodig, meer as ooit,” sê Hofmeyr.

Die datum, plek van die konsert asook ’n lys van die deelnemende kunstenaars sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button