LettersOpinion

BRIEF: Infrastruktuur vir nuwe meters nie in plek

'n Leser van Garsfontein lig sy frustrasties oor Tshwane se nuwe elektrisiteitsmeters.

Die stadsraad het twee weke gelede my elektrisiteitsmeter (TUMS) vervang met hul nuwe “Smart Pre-Paid Meter”.

Die tegnikus van die stadsraad het ’n brief in my hand gestop en ’n kaart met die opdrag dat ek krag kan koop by Spar of Pick n Pay.

Minute later het ek ’n bevestigingsbrief gekry per e-pos wat my inlig dat geen betalings verder aanlyn na die vorige verskaffer gemaak moet word nie.

Vir inligting oor die besonderhede vir betaling en aankoop van krag vir die nuwe meter moet ek die stadsraad kontak by 012-358-9999 of per e-pos customercare@tshwane.gov.coza.

Dertig e-posse later, 14 verskillende telefoonoproepe aan mense by die stadsraad en ’n totaal van ongeveer ses ure op die foon, is ek uiteindelik vanoggend ingelig dat ek net by die munisipale kassiere in Centurion krag kan koop.

Boonop moet ek seker maak ek gaan wanneer daar nie beurtkrag is nie!

Volgens hulle het die “verskaffers” hulle in die steek gelaat en nie die stelsel behoorlik geaktiveer sodat krag aanlyn of by supermarkte gekoop kan word nie.

Dit is totaal onaanvaarbaar dat ek nou meer as 20 kilometers moet ry, ure by dooie robotte sit weens verkeersopeenhopings en beurtkrag en dan nog ure in ’n ry staan by Centurion om krag te koop.

Hoekom vervang hulle my meter as die regte infrastruktuur nie in plek is nie?

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button