Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Moeders bederf by Moedersdag funksie

Moeders van die Moot is Saterdag lekker bederf by 'n Moedersdagfunksie

As bewys dat dit nooit te vroeg is om vir Ma te begin bederf nie, het Moot-dames Saterdag hul moeders na ‘n Moedersdagfunksie in Waverley vergesel.
Ruschka de Lange het die dag by die ateljee gereël, waar moeders en dogters deur die loop van die dag gepamperlang is met sjampanje, kolfyntjies, haarstileerders en nog meer.
Anet Janse van Rensburg het die dag saam met haar twee dogters, Bianca en Wendy, geniet. “Dis lekker om bederf te word, want more staan ek weer voor die kookpotte,” het Anet gespot.
Ruschka de Lange, het baie moeite gedoen om te sorg dat almal die dag geniet. “Hier is onder andere stalletjies waar ma’s en dogters hul hare kan stileer, hul naels kan mooi maak en elk om die uur gee ons ’n koopbewys weg,” het De Lange gesê.
Die Moedersdagfunksie het tot laatmiddag aangehou met ’n ontspanne atmosfeer. Dit was duidelik dat die meeste moeders baie in hul skik met dié bederf was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button