Community galleriesGalleries

Moedersdagete by Pretville groot pret

Gaste het die dag by Pretville baie geniet te danke aan die kokke van die dag.

Gaste was betower toe hulle Saterdagoggend by Pretville naby Hartbeespoortdam ’n Moedersdag-geleentheid uit die boonste rakke bygewoon het.
Sowat 60 gaste het die geleentheid, wat ‘n noenmaal, ‘n talentvolle jong seun van 14 en ‘n alombekende Suid Afrikaanse tenoor ingesluit het.
Kevin Leo en bekroonde filmmaker Paul Kruger, het saamgespan om Ruan Fraser (14) se droom om vir ‘n uitgelese gehoor te kook by dié spesiale geleentheid bewaarheid. Ruan is in 2013 as ‘n vleismark se jnr sjef van die jaar gekroon.
Kevin se nuwe produksie as singende sjef is Saterdag ten toon gestel met ‘n volledige driegang-maaltyd.
Die kersie op die koek was toe gaste verneem dat Ivan Botha en Donnalee Roberts ook teenwoordig was.
Ruan se opgewondenheid het oorgeloop en hy het gesê dat dit vir hom ‘n groot eer was om saam met Kevin Leo te kan kook.
“Ek het Kevin nog altyd net op die televisieskerm gesien en is baie bevoorreg om saam met hom vandag ‘n kombuis te kan deel. Ek weet nou dat ek ook mag droom en dat selfs ek eendag oorsee sal kan gaan studeer om my drome waar te maak,” het hy gesê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button