GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Oud-klofie gekies vir die Wêreld 15-tal rugby Unie-span

Fourie speel meestal haker vir die Leeus in die Superrugbyreeks, vir die Golden Lions in die Currie Beker-kompetisie en die Golden Lions XV’s in die Rugby Challenge.

’n Oud-Klofie Corné Fourie wat in 2006 gematrikuleer het, spog met talle rugby-prestasies.

Hy het op skool op die Klofieraad gedien en vele sportprestasies behaal. Hy was onder andere ook lid van die eerste rugbyspan, die Bulle Craven-weekspan en die SA Skolespan.

Fourie speel meestal haker vir die Leeus in die Superrugbyreeks, vir die Golden Lions in die Currie Beker-kompetisie en die Golden Lions XV’s in die Rugby Challenge.

Hy het voorheen ook vir die Blou Bulle gespeel.

Fourie speel al 12 jaar professionele rugby.

Hy het al vir die Blou Bulle en die Pumas uitgedraf, is tans by die Leeus Rugby Unie en het al meer as 200 eersteklas wedstryde op sy kerfstok.

Dit sluit in 68 Superrugbywedstryde en 3 Superrugby-finale vir die Leeus.

Hy is ook gedurende 2007 en 2008 vir die junior Springbokke se o.19- en o.20-rugbyspanne gekies en hy was deel van die Blou Bulle-rugbyspan wat verskeie o.19- en o.20-titels gewen het.

Hy het ook in 2008 in die Varsity Beker-kompetisie vir Tukkies uitgedraf.

In 2012, het hy vir die SA Barbarians teen Engeland gespeel.

Fourie is in die Wêreld vyftiental se span ingesluit.

Dit is ’n span wat op ’n nie-amptelike, ad hoc-basis uit genooide spelers van verskillende lande saamgestel word, soortgelyk aan die bekende Barbarians.

Dié span het in Japan, ter viering van die Rugby Wêreldbekerkompetisie wat in 2019 daar plaasvind, gespeel. Welgedaan Corné!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button