GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Hoërskool Waterkloof se tennis triomfeer by Grey

Hulle het ongelooflik baie deursettingsvermoë aan die dag gelê en het aanhou veg tot die laaste bal op die baan gebons het om op die ou einde, teen almal se verwagtinge, al drie oorblywende wedstryde te wen.

Hoërskool Waterkloof se eerste seuns- en dogterstennisspan het presies geweet wat hulle moet doen toe hulle die naweek van 20 Oktober na Bloemfontein vir die Grey- en Eunice tennistoernooie vertrek het.

Die dogter tennisspan het ’n uitstekende tweede plek behaal, met Eunice High School in die derde plek en St. Mary’s Waverley in die eerste plek.

By die seuns het die spanningsvlakke hoog geloop tydens die uitspeelwedstryd waar Hoërskool Waterkloof en Paul Roos Gimnasium dit moes uitspook om met die titel as wenner weg te stap.

Teen die einde was daar net drie dubbelspelwedstryde oor. Paul Roos Gimnasium het net nodig gehad om nog een wedstryd te wen om as die wenners van die toernooi uit die stryd te tree, maar die Klofies het net nooit opgegee nie.

Hulle het ongelooflik baie deursettingsvermoë aan die dag gelê en het aanhou veg tot die laaste bal op die baan gebons het om op die ou einde, teen almal se verwagtinge, al drie oorblywende wedstryde te wen.

Jo-ané Verhoef het gesê: “Om te sien hoe jou afrigter en spanmaats begin huil van trots, is net ’n onbeskryflike gevoel!”

Hoërskool Waterkloof is as die wenners van die Grey-toernooi gekroon.

’n Prestasie wat vir baie jare nie behaal is nie,’n prestasie wat die hele Waterkloof van trots wil laat bars.

Van links na regs: Dohan Cilliers, Erich Süllwald, Steyn Dippenaar, Chrisjan van Wyk, Tristan du Plessis, Wilco Cilliers, Francois van Wyk, Afrigter: Gerrie Dippenaar

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button