GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Menlo-hokkiespeelster belowendeste in die noorde

Elita het hierdie jaar vir Menlopark se eerstespan gespeel en was kapteine van die span wat die Top 12 Nasionale Toernooi in Bloemfontein by Oranje Meisies gewen het.

Menlo-hokkiespeler ontvang gesogde toekenning.

Elita van Staden, matriekleerder aan Hoërskool Menlopark, is verlede week deur die Northern’s Hockey Association as die assosiasie se belowendste vroue-hokkiespeler van die jaar aangewys.

Elita het hierdie jaar vir Menlopark se eerstespan gespeel en was kapteine van die span wat die Top 12 Nasionale Toernooi in Bloemfontein by Oranje Meisies gewen het.

Elita het in die Noord Gauteng A-span gespeel en het ook Suid-Afrika verteenwoordig in die o.18 SA span wat ’n toernooi teen Australië gespeel het en al drie die wedstryde gewen het.

Hierdie Menlo-hokkiespeler het vanaf graad 8 af hard gewerk om haar doelwit te bereik en ’n blink hokkie-toekoms lê vir haar voor.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button