Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Paasfees vir die DBV

Honderde eienaars en hul honde het Sondagoggend die Tshwane DBV se Wag-a-Walk byeenkoms ondersteun.

Die viervoetige vriende van die Tshwane DBV het Sondagoggend entoesiasties die staproetes saam met hul eienaars by die Smuts-huis in Irene aangedurf.

Tshwane DBV se Wag-a-Walk-byeenkoms was weereens ’n reuse sukses met honderde eienaars wat saam met hul honde tussen die ou dennebome gestap het. Hulle kon kies tussen die kort en flink roete, of ’n meer uitdagende roete wat teen ’n bult uitloop.

Die Wag-a-Walk-geldinsamelingsbyeenkoms word gehou om geld vir die DBV in te samel. Alle gelde wat op  die dag ingesamel is, word gebruik om kos vir die diere te koop en om die hondeherberge te onderhou. Barmhartige samaritane het ook addisionele kos geskenk.

Die volgende Wag-a-Walk-byeenkoms word op 19 Julie gehou. Vir meer inligting bel die Tshwane DBV by 012-664-5644 of stuur ‘n epos aan admin@spcata.org.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button