Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Delalmar Wynkelder open hul deure

Dié nuwe wynkelder het onlangs in The Shere oopgemaak.

Vin d’Almar was die naam op almal se lippe toe die Delalmar-wynkelder Saterdag sy deure vir die eerste keer geopen het.

Drie rooiwyne is tydens die wynkelder se opening bekend gestel, terwyl gaste hulle in die pragtige tuin, met wyn, heerlike kos en musiek kon tuismaak.

Volgens Johann Visagie, eienaar van Delalmar, het hy die naam ‘Vin d’Almar’ gekies omdat dit ‘n baie spesiale betekenis het en die vertaling daarvan is ‘dit wat uit jou hart en siel kom’.

Visagie het in 2007 sy eerste wyn gebottel nadat hy in 2005 onder Wessel du Toit ‘n wynkursus voltooi het. “Ons doen alles op die ou wêreldse manier, met die hand,” het Visagie gesê. Hy het ook trots vertel hoe die kelder se deure, van Oregon Pine-hout, oor die 100 jaar oud is. Vin d’Almar se drie wyne, Shiraz 2013, Shiraz Sucré 2013 en Syrah Maria 2011, vernoem na sy vrou Marietjie, is almal by Delalmar-wynkelder beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button