GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Laerskool Menlopark SA Kampioene in netbal

Hierdie prestasie kom selde voor en ouers, afrigters, ondersteuners en Laerskool Menlopark is baie trots op dié dogters!

Laerskool Menlopark se o.13-dogters met goud gekroon by die Suid-Afrikaanse Netbaltoernooi onlangs wat in Bloemfontein plaasgevind het.

Dié dogters het sedert hul o.10-jaar nie minder nie as 87 van hul 89 wedstryde gewen – iets wat ’n mens nogal laat dink.

Asof goud nie goed genoeg was nie, het die o.12-dogters met die silwermedalje terug skool toe gekom.

Voorwaar ‘n besonderse prestasie as in ag geneem word dat altwee ouderdomsgroepe op die podium verskyn het.

Hierdie prestasie kom selde voor en ouers, afrigters, ondersteuners en Laerskool Menlopark is baie trots op dié dogters!

Dankie aan die afrigters me. Anja van Huyssteen en Isabel Breet en elke speler, vir hulle toewyding, bloedsweet en trane!

Elkeen het ons leuse “hier kry ons vlerke” na hul beste gestreef.

0/13 dogters, goue medalje-wenners, met hulle afrigter me. Anja van Huyssteen. Van links is Anke Nortjé, Karla du Plessis, Zylia-Marie du Toit, Thaira Ferreira, Megan Erasmus, Kara Barnard, Yamile Stuart, Carli McDonald, me. Anja van Huyssteen (afrigter) en Izelke Potgieter (L/S Menlopark verteenwoordig as skeidsregter by die toernooi).
Die o.12-netbalspan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button