GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Klofies baanbrekers in 21ste-eeuse onderwys

“Ons glo dat elke leerder oor die potensiaal beskik om suksesvol te wees – ons moet hulle net in staat stel om hul volle potensiaal te ontgin.”

Hoërskool Waterkloof doen sedert 2015 baanbrekerswerk deur LAB-on-line as ’n verrykingsvak aan te bied.

LAB-on-line is ’n wêreldklas, virtuele oplossing wat kernvaardighede by leerders aanspreek en ontwikkel sodat hulle die uitdagings van die modern arbeidsmark die hoof kan bied. LAB-on-line is die vlagskipprojek van Lectorsa, ’n internasionale navorsing- en ontwikkelingsmaatkappy.

LAB het al meer as 85 000 gebruikers gehelp om hulle vaardighede optimaal te ontwikkel om sodoende te verseker dat hulle in ’n immerveranderde wêreld floreer.

Dié virtuele oplossing verbeter onder meer gebruikers se begrip, kritiese denke, leerspoed en geheue.

Leané Bouwer, ’n graad 9-leerder van Hoërskool Waterkloof sê: “LAB-on-line het my deurgaans gehelp om beter aan te pas in die hoërskool. My taal- en uitdrukkingsvermoë het verbeter.”

Leané se punte het in 2017 in totaal vir verskeie vakke, gesamentlik met ’n verstommende 42% verbeter vanaf die Junie-eksamen tot die November-eksamen.

Zané de Klerk, tans in graad 10, het LAB-on-line in graad 8 en 9 voltooi. Haar opmerking was dat dit definitief haar taalvermoë en woordeskat baie uitgebrei het. Zané behaal in Afrikaans deurgaans ’n onderskeiding en in Engels handhaaf sy ’n gemiddeld bo 75%.

Volgens Anita Boonzaaier (onderwysspesialis by Hoërskool Waterkloof) is daar ’n verbetering oor die algemeen by alle leerders wat ingeskryf is.

“Die grootste impak wat ek opmerk, is dat die begrip saam met die leesspoed verbeter.”

Anita vertel verder dat sy uiters positief oor die oplossing is. “Dit is ‘n oplossing waarby alle leerders baat. Die feit dat die program voortdurend aangepas en uitgebrei word, is ’n besliste voordeel.”

Minda Marshall, direkteur van Lectorsa en self ’n oud-Klofie, verklaar met oortuiging en passie:

“Ons glo dat elke leerder oor die potensiaal beskik om suksesvol te wees – ons moet hulle net in staat stel om hul volle potensiaal te ontgin.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button