LettersOpinion

Mango-vrugtevlieg

Dit is nie nodig om mangobome te verwyder nie, dit sal nie die probleem oplos nie.

Die artikel oor die vrugtevliegbesmetting het betrekking. Ek wil graag op die volgende wys:

a: Die vlieg wat na verwys word het niks met mango’s te doen nie en is ook nie ’n vrugtevlieg nie.

b: Dit is net toeval dat die vlieë aktief is tydens die rypwordtyd van mango’s.

c: Die vlieë kom voor wanneer daar baie vogtige toestande heers en lê eiers op wasgoed, diere en selfs mense.

Die besmetting kan verhoed word deur klere deeglik met ’n warm strykyster te stryk.

Hondehokke se beddegoed moet ook gereeld gewas en skoon gehou word.

Dipmiddels wat vir parasiete op honde gebruik word, kan gebruik word.

Spuit hondehokke ook gereeld met dié middel.

Sorg dat honde skoon is aangesien die vlieë gelok word deur slegte reuke en honde-ontlasting. Verwyder hondemis gereeld.

Dit punt wat ek wil maak is om die konnotasie tussen mango’s en die vlieë reg te stel.

Dit is nie nodig om mango-bome te verwyder nie, dit sal nie die probleem oplos nie.

Vir vrugtevliegbeheer kan lesers gerus gaan na die volgende webwerf: https://www.riverbioscience.co.za/m3-bait-stations.php. Daar is ’n volledige uiteensetting vir die maklike beheer van vrugtevlieë.

Dankie vir ’n puik koerant, ek geniet dit baie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button