Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleries

Mans durf strawwe 10km aan vir kinders

Mans keer groot trekkerband herhaaldelik om in die naam van liefdadigheid.

Twee dapper mans met ruim harte het Vrydagoggend geswoeg en gesweet toe hulle op die Lynnwoodpad gepoog het om ‘n nuwe  wêreldrekord op te stel  en in die proses behoeftige kinders te help.
Chris Batts en Chris Liebenberg het motoriste en verbygangers stom gelaat toe hulle die ‘n reuse trekkerband, wat 10kg weeg, in minder as 10 ure oor ‘n afstand van 10 km herhaaldelik omgekeer het.
Dié brawe mans het om 07:00 op die hoek van Lynnwood- en Atterburyweg (by die Hoërskool Menlopark) weggespring en eindelik by die McCarthy- handelaar in Silver Lakes geëindig.
Batts en Liebenberg het meeste mense se verwagtinge oortref toe hulle by die halfpadmerk reeds ‘n uur onder die tyd, wat deur die wêreldrekordhouer aangeteken is, gevorder het.
‘n Klomp bekendes het natuurlik ook hul verskyning gemaak om hul ondersteuning vir die mans te toon en ‘n klompie ambassadeurs het ook ‘n ent saam met die mans gestap.
Batts en Liebenberg beoog om R 250 000 in te samel en daardeur aan 120 000 kinders skryfbehoeftes te voorsien. ‘n Gedeelte van die geld sal ook aan Toys for Africa, wat speelgoed vir behoeftige kinders in SA uitdeel, geskenk word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button