LettersOpinion

Nagapies in die Ooste van Pretoria

Help vir Adriaan.

 

My naam is Adriaan en ek is in graad 6. Ek is op soek na inligting oor nagapies in die ooste van Pretoria vir my Ekspo-projek.

Met my projek probeer ek uitvind hoeveel nagapies nog in ons omgewing is. Die gebied waarin ek belangstel om inligting oor nagapies te kry lê tussen die Moreletaspruit in die weste, die N4-snelweg in die noorde, die Boschkop- en Mooiplaats-paaie in die ooste en Lynnwoodweg in die suide.

Indien iemand weet van nagapies in hul tuin of plot, of weet van nagapies in die studiegebied, sal ek baie graag daarvan hoor. Stuur groot asseblief dringend ’n kort epos vir my na: ttat4010@gmail.com.

Ek wil baie graag hoor van julle.

Adriaan

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button