Community galleriesGalleries

GALLERY: Koek en tee bederfie lok bejaardes by dosyne

'n Plaaslike koffiewinkel kook met talle pensionarisse wat bederf word met die lekkerste versnaperings.

Die ooste van Pretoria, spesifiek die Wilgers en Equestria, is bekend vir ruim aftreeoorde met lieflike, groen bome.

Maar een spesiale geleentheid wat saam met die skilderagtige beeld van die Jakarandastad gaan, is pensionarisdag by Pick n Pay Equestria.

Die Wilgers-aftreeoord is gaande oor hierdie dag en beskou dit as ’n hoogtepunt in die week se dagboek.

LEES OOK: VIDEO OF THE DAY: This dad teaches other dads to do their daughters’ hair

Koot Bosman, ’n inwoner en redaksielid van die Posduif by Die Wilgers aftreeoord, hoop om ’n basis van samekoms te skep tussen alle inwoners in die omliggende aftreeoorde.

“Op Woensdae kom ons by die Simply Black Coffee Shop bymekaar. Vir party mense is dit die enigste geleentheid wat hulle kry om bietjie uit te kom. Dan word ons bederf met gratis koek en koffie of tee van 09:00 tot 13:00,” verduidelik Bosman.

Hy wil graag wil hê dat alle bejaardes in die omliggende areas moet welkom voel om elke Woensdagoggend saam met hulle daar te kuier.

“Ons maak elke week nuwe vriende. Jy geniet jou snytjie koek en koppie koffie en dan is dit baie gerieflik om jou weeklikse inkopies daarna hier te doen,” sê hy.

LEES OOK: Valentynsdag kook- en kunsvertoning

“Die bestuurders van die koffiewinkel ontvang ons altyd met die grootste vriendelikheid en net die varste gebak en drinkgoed word vir ons voorgesit.”

Simply Black Coffee Shop kook behoorlik, met hulle tafels wat amper nooit leeg staan nie.

“Mens moet maar vroeg kom, anders kry jy miskien nie sitplek nie.”

Simply Black Coffee Shop werk saam met Pick n Pay om bejaardes te bederf met die koek-en-koffie-oggend, maar op Woensdae en Vrydae kry alle pensioenarisse drie persent afslag op al hul inkopies en op Woensdae alleenlik ontvang pensioenarisse dubbelpunte op hul Smart Shopper-kaarte.

“Hierdie is vir ons ’n lieflike geleentheid elke week, sê Bosman. “Ons moedig almal in die area aan om elke week hier bymekaar te kom en nuwe te vriende te maak. Só bou ons ons gemeenskap van bejaardes op terwyl ons lekker gesels met heerlike versnaperings.”

LEES OOK: Paartjies besoek dieretuin vir Valentynsdag

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button