Community galleriesGalleries

Genealogie fees word 10

“Uitstallings vanjaar is deur ervare genealogiese navorsers, verskeie familiebonde, aktiewe familiegeskiedenisverenigings, navorsingsinstansies en boekwinkels gegee.”

Die tiende jaarlikse Genealogie en Familie Erfenisfees is Saterdag gehou.

Die fees word jaarliks deur genealoog Isabel Groesbeek georganiseer.

Groesbeek praktiseer al sedert 1988 in genealogie.

LEES OOK: Laerskool Tygerpoort koorfees ‘n sukses

Sy sê die doel van die fees is om die produkte, projekte en navorsingsmetodiek met betrekking tot genealogie en familiegeskiedenis aan die wyer publiek bekend te stel en om netwerkgeleentheide vir alle belanghebbendes te skep.

“Uitstallings vanjaar is deur ervare genealogiese navorsers, verskeie familiebonde, aktiewe familiegeskiedenisverenigings, navorsingsinstansies en boekwinkels gegee,” sê sy.

’n Teetuin met ’n verskeidenheid eetgoed het die dag ingekleur en die honger en dors gestil.

“Die publiek word hartlik uitgenooi om hul vrae oor stambome en familie-herkoms te versamel en die eerste Saterdag van September 2018 reeds in hul dagboeke te omkring om weer te kom saamkuier met ervare navorsers, familie en vriende.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button