LettersOpinion

Gee ons nie meer om nie?

Bekommerde medemens deel sy gedagtes.

Geagte Rekord-lesers,

Ek kyk na die verminkte karkas van ’n baba hasie. Die agtste een binne twee maande.

Die gevolg van mense in die buurt wat konyne gekoop het en vrylik laat teel en die buurt ingevaar het.

Nou word baba hasies daagliks deur honde en katte vermink en doodgemaak. Die angskreet van ’n hasie klink baie soos die van ’n kind.

Ek het rondgebel, briewe geskryf .

Mense is onbetrokke. As mens daagliks lees van gruwelike moorde en ander vorms van geweld is dit sekerlik te verstane dat meeste mense te afgestomp geraak het dat hulle nog sou omgee vir ’n klomp weerlose hasies wat daagliks afgemaai word.

Die oorspronklike skuldige party gaan aan met sy/haar lewe, onbewus of glad nie gepla oor die emosionele trauma van kinders wat die verminkte diertjies sien en hoor nie.

Dis ’n rooi lig wat flikker: ons gee nie meer om nie; ons is onbetrokke.

Bekommerde medemens

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button