Local newsNews

Vroue Landbou Unie in Pretoria-Noord vier 95e bestaansjaar

“Sowat 130 gaste het van sover as Mpumalanga kom kuier, en is onthaal en getrakteer op sang, die voorlesing van die stigtingsnotule uit die oorspronklike notuleboek wat steeds in die tak se besit is."

Die Pretoria-Noord-tak van die Vroue Landbou Unie (VLU) het verlede Woensdag hul 95e bestaansjaar op luisterryke wyse gevier.

Volgens die voorsitter, Hester Botha, is dié damestak op 24 Januarie 1927, in Rosslyn deur die Mannetak van die TLU (Transvaalse Landbou Unie) gestig.

“Sowat 130 gaste het van sover as Mpumalanga kom kuier, en is onthaal en getrakteer op sang, die voorlesing van die stigtingsnotule uit die oorspronklike notuleboek wat steeds in die tak se besit is.

Voorsitter Hester Botha, met haar voorskoot aan. Sy hou die oorspronklike houtkissie waarin die
oorspronklike notuleboek vir 95 jaar bewaar word, vas. In die notuleboek is die stigtingsnotule
van die vergadering gehou op 24 Januarie 1927, opgeteken. Foto: verskaf.

 

“Die SAVLU-president, Cindy Coetzee, vanaf Mpumalanga, het vir die gaste ’n boodskap gebring en aan die Overvaal-president, Ina Booyse, groete oorgedra. Die waarnemende streeksvoorsitter van Jakarandastreek, Helene Richter, het gaste laat glasies klink met die instel van ’n heildronk.”

Die tema vir die dag was “My Sarie Marais”, na aanleiding van dat die Amerikaanse liedjie “(Sweet) Elle Rhee”.

“In 1927, is die liedjie vir die eerste keer in Afrikaans vertaal, en het as bladmusiek verskyn as ‘My Sarie Marais’ wat heel gepas was.

Sarie Marais verwelkom die gaste. Foto: verskaf.

“Gaste is gevra om vir die dag ’n voorskoot te dra, aangesien die dames in 1927 voorskote gedra het as Boervroue.”

’n Prys is aan die mooiste voorskoot vir die dag toegeken, wat gewen is deur Suzie Franklin van die Magalieskruin-tak, vertel Botha.

“By die die ingang is gaste verwelkom deur Sarie Marais in die vorm van ’n kleremakerspop aangetrek met ’n trourok wat dateer uit die 1940’s. Sy het ook ’n Voortrekkerkappie gedra.

“Gaste is voorts bederf met geskenkies, heerlike vrugte-kebabs en gemmerbier op die tafels, bobotie en geelrys met mengelslaai, asook vars broodrolletjies.”

Botha reken die nagereg was die hoogtepunt met die verjaarsdagkoek en kolwyntjies.

“Die saal was swierig getooi in swart, pienk en silwer, en alles het by hierdie kleurskema ingepas. As geskenke is onder meer twee rose aan gelukkige gaste oorhandig, en meer spesifiek van die ‘Savlu-roos’ gekweek deur Ludwig’s Roses.

“Ander geskenke was twee handgemaakte broodborde met ’n mooi enbleem en ‘VLU Pretoria-Noord 95’ daarop gegraveer asook ’n handgebreide kombers.”

Botha vertel hul tak was die eerste Transvaalse Vroue Landbou Unie tak (TVLU) en dames van die gemeenskap het vining aangesluit.”

“Daarna is daar nog ’n paar takke gestig, maar spoediglik het die noodsaaklikheid van ’n moeder-organisasie ontstaan.”

Volgens Botha is die SAVLU in 1932 gestig.

“Dit kom daarop neer dat die VLU van Pretoria-Noord, soos die naam later verander het, inderdaad ouer is as SAVLU self.”

“Wat ’n suksesvolle dag was hierdie grootse viering, en met verwagting sien ons uit daarna om in 2027 die tak se 100e bestaansjaar te gedenk,” het Botha afgesluit.

LEES MEER: Family-friendly Valentine’s Day activities

Die 95e verjaarsdagkoek is gebak deur Taklid Christine Pretorius, en as nagereg voorgesit. Photo: verskaf.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button