Local sportSport

AfriForum Springbok Vasbyt padwedloop weer by Voortrekkermonument aangebied

Die unieke Springbok Vasbyt padwedloop vind eerskomende Saterdag weer op die terrein van die Voortrekkermoument in Pretoria plaas.

Die baie gewilde jaarlikse Afriforum Springbok Vasbyt padedloop vind vanjaar vir die 14de keer op Satredag 14 Julie by die Voortrekkermonument plaas.

Hierdie besonderse wedloop met sy eiesoortige karakter, uitdagende bulte en erfenisviering, is al menigmaal op verskeie hardloopforums as een van die land se beste wedlope aangewys. Die organiseerders kon jaar na jaar daarin slaag om ’n wedloop van uitnemende gehalte vir deelnemers aan te bied.

Die wedloop is ’n instelling op die sportkalender van die Jakarandastad en sinoniem met die verbyvlug van outentieke – dog imposante – Harvard gevegsvliegtuie, terwyl ’n oorverdowende kanonskoot elke jaar die wegspring vir atlete by die wedloop aankondig.

Deelnemers aan die wedloop volg ’n historiese roete verby ikoniese landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur van Herrinnering.

Hierdie taai wedloop toets ook elke jaar alle atlete – van die elite tot die spreekwoordelike agterosse – se vaardigheid en uithouvermoё. Deelnemers kom met alle denkbare hardloop-oppervlaktes in aanraking. Steil bulte, los klippe en skerp draaie dra tot moeilikheidsgraad van die wedloop by.

Al hierdie unieke eienskappe dra by dat ’n Springbok Vasbyt medalje ’n waardevolle kleinnood in enige atleet se medaljeversameling uitmaak.

Vanjaar word daar tydens die wedloop ook hulde gebring aan Korporaal Hermann Carstens, die laaste soldaat van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag wat in die Namibiese Grensoorlog gesneuwel het op 4 April 1989. Alle deelnemers wat die Springbok Vasbyt voltooi sal die trotse eienaar wees van ’n medalje wat ’n pragtige afbeelding van wyle Korporaal Carstens bevat.

Deelnemers aan die 2019 Springbok Vasbyt padwedloop het ’n keuse van drie verskillende afstande om aan deel te neem. Daar is ’n 25 kilometer wedloop (effens verder as die bekende halfmarathon), ’n 10 kilometer wedloop en ’n pretdraf van 5 kilometer vir die minder fikse deelnemers.

Eersgenoemde twee wedlope sal om 07:30 wegspring, net na die gebruiklike openingseremonie, wat sowat tien minute voor die wedspring sal plaasvind. Die 5 kilometer pretdraf sal om 07:40 begin.

Atlete kan reeds vanaf 05:00 inskryf vir die wedloop en veilige parkering is op die terrein beskikbaar.  Meer inligting oor die wedloop en besonderhede vir vooraf inskrywing kan gekry word by www.vtmklub.co.za of skakel 071-405-5588.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button