Local newsNews

Moreletapark se toekomsplanne is ‘sensitief’

“Daar is sekere goed van die NG-kerk wat ons ongemaklik maak en waarmee ons nie saamstem nie”.

Die Moreletapark NG Kerk gemeente in die ooste van Pretoria sê hul sien nie meer kans “om langer aan te gaan soos goed tans in die NG kerke gaan nie”.

“Daar is goed wat ons as ’n gemeente pla,” vertel Pieter Breytenbach, bedryfshoof van die kerk.

“Daar is goed wat nie heeltemal reg is nie. Ons is ernstig oor ons godsdiens en die huidige goed wat ons pla belemmer ons om die mense te bereik wat nie die Here ken nie.”

Hy sê een van die goed wat hulle pla is dat die NG-kerk nie noodwendig die Skrifgesag interpreteer in terme van die waarheid van die Woord nie.

LEES OOK: Moreleta Park ‘handbag snatcher’ nabbed

“Ons is ook bekommerd oor die teologiese opleiding van die kerk. Binne die volgende 10 jaar sal sowat 40% van die dominees aftree. Tans kom daar minder as 15 studente in ’n jaar se tyd vir opleiding. Êrens gaan ons in moeilikheid vashardloop”.

Breytenbach sê wat die skei van die NG-kerk fisies beteken weet hulle nog self nie.

Vir nou is hulle nog in besprekings met die gemeenskap, die ringe en die Oostelike sinode waaronder die gemeenskap val.

“Ons gemeente is soos ’n gesin en is nog besig met die gesprekke rondom die toekoms van die gemeente. Ons kan nie al ons familiesake in die media bespreek nie.”

Breytenbach sê hulle het hoofsaaklik baie goeie terugvoering van die gemeenskap en nasionaal oor hul besluit ontvang.

“Ons is bly julle staan op,” is grootste gevoel oor die kerk se besluit vertel Breytenbach.

Daar is net enkele gevalle waar hulle die besluit aan ’n lidmaat moes verduidelik.

Daar is ook nog nie oor die massiewe kerkgebou gepraat óf besluit nie.

LEES OOK: NEWSFLASH: House break-in culprits arrested in Moreleta Park

“Ons het nog nie duidelikheid oor die kerkgebou nie. Dit is so aanvegbaar in die hof. Ons het navrae gedoen by die kerk se regspanne vir raad oor hoe ons die saak sal aanpak,” sê Breytenbach.

Daar sal later die maand gesprekke met die oostelike sinode gehou word en eers in Junie ’n formele vergadering gehou word wat meer duidelikheid oor die gemeenskap se toekoms voorlê.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button