Local newsNews

Steve Hofmeyr sterk aan na bloedklont-dilemma

Hofmeyr is hospitaal toe gejaag, maar is in goeie gesondheid en reg om ontslaan te word.

Die beroemde Afrikaanse sanger, akteur en politieke aktivis Steve Hofmeyr het op Twitter bekendgemaak dat hy Woensdag in die hospitaal opgeneem is met bloedklonte wat deur beide sy een long en hart is.

Wessel Basson, mede-direkteur van ToekomsVonk het in ‘n verklaring aan die media verduidelik dat Hofmeyr goed doen en binnekort weer op die been sal wees.

“ToekomsVonk se bestuur wens Steve Hofmeyr alle sterkte toe na sy terugslag vanoggend. Steve, ons almal weet jy is ‘n ou wat nie sommer gaan lê nie, en hoop jy kan gou weer aangaan met jou loopbaan. Ons weet jy is in goeie Hande van ons Hemelse Vader,” sê Basson.

Hofmeyr het sy aanhangers bedank op Twitter.

“Duisend dankies aan almal. Soveel boodskappies is beter as pille. Die doodsengel het my weer gesystap, die ou feeks. Ek’s teen Vrydag weer reg soos ‘n roer. Ek voel darem goed en word mooi opgepas. Nog toetse môre. Maar positief.”

Hofmeyr sal Donderdagmiddag of Vrydag uit die hospitaal ontslaan word.

Volgens berigte sal Hofmeyr binnekort weer op die verhoog te sien wees vir ‘n optrede.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/rekord/147552/watch-steve-hofmeyrs-traffic-music-video-released/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button