BRIEF: Straatligte werk nie! Word asb net wakker

Inwoner skryf brief aan die munisipaliteit se eletriese afdeling wat glo niks omtrent die straatligte wil doen wat al vir maande buitewerking is nie.

• Lourens du Plessis skryf:

Wat moet ek nog doen om ‘n reaksie van die munisipaliteit te kry oor straatligte wat vir maande al nie in Finsbury werk nie? ‘n Paar maande gelede het die munisipaliteit se elektriese afdeling ‘n deel van ‘n kabel in Amatolastraat vervang en daarna het ons geen werkende straatligte meer nie.

Ek het al verskeie kere die munisipaliteit se elektriese afdeling gekontak oor straatligte wat nie werk nie. In Augustus het iemand aan my gesê dat hy ‘n span sal stuur om daarna te kyk nadat hulle by die substasie gewerk het. Die span het nooit opgedaag om aandag daaraan te gee nie.

Het opvolg gedoen met dieselfde persoon op 1, 2, 5 en 8 September en straatligte is nogsteeds buitewerking. Het op 8 September ook ‘n e-pos gestuur aan iemand hoogs op in die elektriese afdeling maar tot op datum nog geen reaksie.

Die strate wat geraak word is Amatola, Winterberg, Tsitzikama en Zuurberg. Dit is baie donker in die aande en soms moet ons vroeg uit gaan kliniek toe. Moet iemand eers geroof of vermoor word voordat die straatligte gaan herstel word sodat ons as inwoners veilig kan voel in die aande en vroeg oggende wanneer ons huise moet verlaat?

Elke maand word elektriese heffings van inwoners se rekeninge verhaal en ons bly sonder straatligte. Ek is seker die straatligte voor hul (mense in beheer) se huise werk en hul voel veilig.

Julle almal by elektriese afdeling versaak ons as inwoners van Finsbury. Word wakker en doen herstelwerk voordat mense geroof, vermoor en aangerand word.

Exit mobile version