BRIEF: Kan R’fontein ooit weer dieselfde wees soos dekades gelede?

Inwoner skryf hoe mooi Randfontein in 1989 was om in te bly of te belê.

• Frans le Grange skryf:

Kom ons krap ‘n bietjie in die geskiedenis van Randfontein.

In 1989 was Randfontein ‘n mooi dorp om in te kom bly of te belê. JCI Randfontein Estates word ‘n 100 jaar oud, met omtrent 20 000 werkers. Daar was groot fees gevier. Eerste Sondag van 1990 was kerkdiens gehou by die sportstadion met al die kerke se insette. Dit was ‘n uiters suksesvolle geleentheid met voorlesing en sang.

Die Randfontein Skou het ‘n rekord bywoning. Op 4 Mei 1990 verwerf Randfontein die wêreldrekord in Guinness World Records vir ‘n 400m sosatie. In die hele hoofstraat is net karnaval gehou.

Sport, rugby, krieket, gholf, hokkie, tennis, karate, skole sport word voluit beoefen. Begraafplase is netjies en skoon en die rioolplaas werk.

Kersliggies word November in die dorp opgesit. Dorp was skoon, alles het gewerk, geen slaggate, sypaadjies was netjies gehou. Treinry deur Randfontein op pad Kaap toe, stasies en spoorlyn is netjies.

Besighede werk hard en dryf handel met ander dorpe want hulle was trots om in Randfontein te wees. Hoofstraat was vroegoggende skoongemaak, die palmbome word gereeld gesny.

Geen uitstaande skulde aan Eskom of Rand Water Raad nie.

Kan dit ooit weer so wees?

Related Articles

Back to top button