BRIEF: Ek het ‘n paar vrae vir die ‘gholfbaan-base’

Jarelange inwoner van Randfontein sê sy sê oor die situasie by die plaaslike gholfbaan.

• Frans le Grange skryf:

Aangaande die berig, Still no life at Randfontein Golf Club, wat in die 7 Julie-uitgawe van die Randfontein Herald verskyn het, die volgende.

Ek het ‘n paar vrae aan Thaka Seboka, een van die eienaars van die Randfontein Gholfbaan, wat ons as inwoners van Randfontein gereeld op hoogte hou van wat hulle gedagtes is met die gholfbaan.

• Lees ook: Golf Club still abandoned with plans falling stray

Toe die gholfbaan gekoop is, was dit in ‘n goeie toestand, hoekom sal ‘n koper soveel geld in ‘n projek belê as dit nie die moeite werd is nie? Hulle het seker ‘n gedagte gehad wat hulle wou doen en die grond ten volle te gebruik, soos ek uit die berig aflei.

Die beleggers waarmee hulle onderhandel het, onttrek nou omdat Randfontein ‘n ou myndorp is.

As hulle hulle beplanning reg gedoen het, toe hulle gekoop het, sou ons nie as ‘n ou myndorp geoormerk word nie, waarmee ek nie saamstem nie. Ons is ‘n dorp waar ek in belê het en het baie potensiaal as die stadsraad dit net beter bestuur.

• Lees ook: Why our golf course isn’t fully operational

Die baan word elke jaar, soos nou, afgebrand wat onooglik is omdat die baan nie in stand gehou of ontwikkel word vir watter doel die eienaars in gedagte gehad het nie.

Om ‘n “frail care” te ontwikkel is goed, dit is seker die saal op die gholfbaan. Dit gaan ‘n arm en ‘n been kos, maar wat van die res van die gholfbaan? Die omheining bestaan omtrent nie meer nie, driekwart lê plat.

• Lees ook: Sad state of the club not deliberate

Ons ou inwoners in ‘n ou myndorp wil weer ‘n sonskyn gholfreeks sien, soos in die verlede met Ernie Els op die baan wat in ‘n puik toestand was.

Wat sê die titelakte, kan die gholfbaan vir iets anders as ‘n gholfbaan gebruik word?

Aangesien die Herald reeds in die berig Mnr Seboka se kant van die saak gepubliseer het, was dit nie nodig om dadelik sy kommentaar te kry nie. Die vrae vanaf Le Grange is wel aan hom gestuur en ons wag op sy kommentaar wat gepubliseer sal word sodra ons dit ontvang – Red.

Exit mobile version