Jou kind en eetversteurings: Wat ouers kan doen om te help

Tienerjare is die jare van selfaktualisering en daarom is 'n goeie selfbeeld belangrik vir elkeen se ontwikkeling.

Jou tiener en ’n posistiewe liggaamsbeeld

Die kweek van ’n goeie selfbeeld en liggaamsbeeld is noodsaaklik in die tienerjare. Dit is dan wanneer die tiener aanvaarding van sy liggaam moet aanleer en moet leer hoe om sy liggaam op te pas.

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Die media het ’n groot invloed op hoe ons onsself sien. Tieners is baie kwesbaar daarvoor.

Hulle moet leer hulle kan van binne beheer toepas hoe ’n gebeurtenis hulle raak en nie dinge en mense van buite blameer nie. Hulle moenie aanvaarding soek van buite nie en moet innerlike aanvaarding aanleer, meen Linda Swanepoel, terapeutiese bestuurder en arbeidsterapeut by Akeso Montrose Manor.

Lees ook: Nie goed genoeg nie? Wat jy kan doen oor gevoelens van minderwaardigheid

’n Kind in ’n gebalanseerde huishouding sal innerlike aanvaarding leer terwyl ’n kind in ’n chaotiese, disfunksionele huishouding maklik invloede van buite sal blameer.

As ’n kind te jonk is om te leer om moeilike situasies te hanteer, leer hulle dat as ek mamma en pappa kan help om beter te voel, sal ek self beter voel. As hulle ouer word, is daar meer stres en verwagtinge en kan hulle dalk daarop fokus om ander te probeer tevrede stel eerder as om ’n aanvaarding van die self te ontwikkel. Uiteindelik sal alles wat hulle aanpak se sukses volgens hulle afhang van hoe ander dit sal ervaar.

Lees ook: Hoe gedrukte foto’s kan help om jou kind se eiewaarde te bevestig

 

Hoekom ’n positiewe liggaamsbeeld belangrik is

Tieners beskou die middeweg as vervelig en die Westerse gemeenskap bevestig ’n alles-of-niks houding. Dit lei daartoe dat ’n tiener begin glo jy moet die perfekte lyf hê, jy moet universiteit toe gaan en jy moet geld maak.

Sy sê as ons gemeenskap kan leer om meer middeweg-denkers te wees, sal tieners meer realisties oor hul selfbeeld wees en hulself leer aanvaar. As jy minder druk op jouself het, sal jy makliker na jou eie stem kan luister, meen sy.

Lees ook: As rekmerke jou tiener se selfbeeld knou

 

Liggaamsbeeld en risikofaktore vir gewig

Sy sê om ’n gewig te handhaaf wat laer is as jou natuurlike vlak of om te probeer om gewig te verloor, aktiveer dadelik die alles-of-niks denke.

“Dit verg dissipline, motivering en determinasie om jou kosinname te beperk. Tieners ontwikkel streng reëls en pas dit toe om deur ander aanvaar te word.”

Lees ook: Skep ’n sterk selfbeeld

 

Kenmerke van eetversteurings

As jy ’n reël verbreek, voel jy soos ’n vraat en ’n mislukking. Dit kan lei tot skuldgevoelens. As die reëls verbreek word, kan die tiener oorboord gaan en te veel kos eet. Dit kan lei tot rituele van troos-etery van verbode kos. Die tiener kan in die geheim begin eet en dit kan lei tot vetsug.

Volgens Maslow se piramiede van menslike behoeftes het mense basiese behoeftes soos eet, slaap, water en gesondheid nodig voor jy ’n selfbeeld kan ontwikkel en uiteindelik selfaktualisering kan bereik.

Mense op dieet ontneem hulself die basiese behoeftes in ’n strewe na selfaktualisering. Dit benadeel hul gesondheid, verhoudings en doelwitte en hulle raak behep met kos en oefening en word sodoende gevangenes van hul eie gewoontes.

Hulle raak eensaam, moeg en voel soos ’n mislukking. Hulle haat hul liggame ongeag hul gewig en voel hulle is nooit perfek nie. Dit is waar depressie begin en tieners hulself begin benadeel of selfdood oorweeg.

Lees ook: Tekens van selfdoodneigings wat alle ouers moet ken

 

Kyk uit vir hierdie waarskuwingstekens

 

 

Hoe kan jy help?

Kinders moet veilig voel sodat hulle op hulself kan fokus eerder as om ander tevrede te stel. Sy verwys na die drama-driehoek van oortreder, slagoffer en redder. Dit gebeur as een ouer by die kind kla oor die ander ouer. Die kind voel hy moet kant kies en red en dit begin ’n siklus van aanvaarding soek van buite. Dit kan lei tot ’n lae selfbeeld, slegte liggaamsbeeld en siklusse van beperking van kos en dan weer ooreet van kos. Ouers wat as ’n span werk, laat die kind geborge voel en keer dat hy manipulerend raak om guns van buite te kry.

Wenke vir ouers

Globale syfers

As jy vermoed dat jou kind ’n eetversteuring het, praat met hulle hieroor. As jy of jou kind professionele hulp kort, skakel die Akeso-kliniek by 0861 435 787. Hoe vroeër mediese en sielkundige behandeling toegedien word, hoe vinniger sal jou kind met die herstelproses kan begin.

Bronne:

  1. DoSomething.org. [Internet]. 11 Facts About Body Image. Available from: https://www.dosomething.org/us/facts/11-facts-about-body-image

Meer inligting by www.akeso.co.za. Vir ’n sielkundige krisis kan 0861 435 787 gebel word.

 

Die artikel Jou kind en eetversteurings: Wat ouers kan doen om te help het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version