Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n Oupa- en Oumadag gehad asook ‘n storieverteldag op Vrydag, 17 Maart.
Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat hul vroeër in die kwartaal Wêreldhardoplees-dag gevier het, en so besluit het om ‘n storieverteldag en ‘n oupa- en oumadag te kombineer.
Also read: Ongeveer 20 Rappies-leerders presteer in Wes-Rand skaaktoernooi
Die leerders het ook te oulik gelyk toe hul soos hul oupas en oumas aangetrek het vir die geleentheid, daar was ook ‘n fotohoekie voor die saal waar die leerders saam met hul families kon foto’s neem.
Also read: Rappies verf dorp rooi met liefde
“Ons het besluit om dit te kombineer sodat ons skool se oupas en oumas saam kan kom kuier en die dag geniet.”
Sy het vertel vertel dat hul nooit in hul wildste drome gedink het dat daar soveel belangstelling sou wees nie.
“Die dag was werklik ‘n groot sukses gewees en ons wil dankie sê vir almal wat met die inisiatief gehelp het.”