KidsPrimary School

Rappies-leerders kuier saam oupa en ouma

Leerders van Laerskool Rapportryer het te oulik gelyk toe hul onlangs soos hul oumas en oupas aangetrek het.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n Oupa- en Oumadag gehad asook ‘n storieverteldag op Vrydag, 17 Maart.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat hul vroeër in die kwartaal Wêreldhardoplees-dag gevier het, en so besluit het om ‘n storieverteldag en ‘n oupa- en oumadag te kombineer.

Kaylim Landsberg, Logan Coetzer en Nelco Geldenhuys.
Susan Marx, Frik Marx, Susan Metrovich en Olivier Marx.

Also read: Ongeveer 20 Rappies-leerders presteer in Wes-Rand skaaktoernooi

Die leerders het ook te oulik gelyk toe hul soos hul oupas en oumas aangetrek het vir die geleentheid, daar was ook ‘n fotohoekie voor die saal waar die leerders saam met hul families kon foto’s neem.

Also read: Rappies verf dorp rooi met liefde

Dunay Human.
Marlenè Olckers en Nihann van Wyk.

“Ons het besluit om dit te kombineer sodat ons skool se oupas en oumas saam kan kom kuier en die dag geniet.”

Sy het vertel vertel dat hul nooit in hul wildste drome gedink het dat daar soveel belangstelling sou wees nie.

Khayla Daya en Verney Daya.
Armonè Coetzee.
Owen Steyn en Melienke Maraz.

“Die dag was werklik ‘n groot sukses gewees en ons wil dankie sê vir almal wat met die inisiatief gehelp het.”

Related Articles

Back to top button