Gratis bediening by Teine saam met sanger Danie Botha

Die middag sal plaasvind by die Randfontein Rugbyklub en ingang is gratis.

Die gemeenskap is hartlik uitgenooi na ‘n middag saam met sanger Danie Botha by die Randfontein Rugbyklub.

Danie gaan op Sondag, 20 November vir die gemeenskap sing en bedien. Die ingang is gratis en die verrigtinge begin 17:00 op die A-Veld. Ingang vir die middag is gratis en mense word gevra om hul eie kampstoele en komberse te bring.

Organiseerder Pieter Classen het vertel dat hul besluit het om hierdie te doen want hul wil hê die dorp moet vasklou aan die Woord en geanker in bly in hul geloof. Daar word beplan om hierdie geleentheid een keer ‘n jaar te hou.

“Ons wil graag hê mense moet hande vat, lewe spreek oor die dorp en weer die positiwiteit terug bring.”

Vir meer inligting kontak vir Pieter op 081 394 8579 of Jannie op 082 979 2977.

Die gemeenskap is hartlik uitgenooi na ‘n middag saam met Danie Botha by die Randfontein Rugbyklub op Sondag, 20 November. Foto ingestuur.
Exit mobile version