EntertainmentLifestyle

VLU se Witwatersrand-steek hou damestee

Dit is die eerste keer in drie jaar dat die Vroue Landbou-unie hierdie tee kon aanbied en saamkuier.

Die Vroue Landbou-unie se Witwatersrand-streek het onlangs bymekaar gekom vir ‘n gesellige kuier en opvangsessie na die pandemie.

Ria Herbst, voorsitter van die Middelvlei-tak het vertel dat die streek elke jaar ‘n damestee hou om fondse in te samel. Vanjaar se damestee was op Saterdag, 24 September by Vriendskaptuiste en dit was die eerste keer in drie jaar dat dit gehou is.

“Met Covid kon ons nie die funksie hou nie, en ons het dit geniet om weer saam te kuier,” het sy verduidelik.

Al die dames het lekker saamgekuier, en hulle het FAK-liedjies soos Bobejaan klim die berg, Hoe ry die trein en nog baie meer gesing.

Elke tafel het pragtig gelyk met asemrowende versierings en heerlike verversings waaraan die dames kon peusel.

 

Die tafels was pragtig versier vir die damestee. Foto ingestuur.
Lizelle Viviers se tafel. Foto ingestuur.
Lizelle Viviers se tafel. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button