EntertainmentLifestyle

Connies Karnaval terug na twee jaar

Benewens hul bingogeleentheid is die karnaval een van die sentrum se grootste fondsinsamelingsfunksies.

Daar was sonskynweer, smullekker kos en glimlagte tydens die Connie Mulder Sentrum se Karnaval in Wilbotsdal. Talle Randfonteiners het op Saterdag, 1 Oktober die dag by die sentrum geniet.

Dit was weer hoog tyd dat die bekende karnaval aangebied word nadat die pandemie twee jaar lank ‘n stokkie daarvoor gesteek het. Benewens hul bingogeleentheid is die karnaval een van die sentrum se grootste fondsinsamelingsfunksies.

Daar was so ‘n groot verskeidenheid om te geniet – potjiekos, smaaklike pannekoeke, Yankees, vars gebakte items, heerlike roomys en talle ander stalletjies en musiek.

Fransie Hulme, die hoof uitvoerende beampte se persoonlike assistent het vertel dat dit uiteindelik ‘n voldag se pret was wat eers omstreeks 16:00 tot ‘n einde gekom het.

“Dit was baie lekker en almal het dit baie geniet. Die kinders was ook baie bly dat die karnaval weer plaasgevind het,” het sy vertel.

Elaine en Andrè de Kocker bak heerlike pannekoek saam met Marie Kock.
Dit was ‘n dag vol pret tydens die Connie Mulder Sentrum se Karnaval.
Ticky Nieuwenhuizen en Chris Vermeulen by hul potjie.
Samanthal, Albert en John O’Connell geniet die karnaval.
Jacques Beukes, Richardt Strydom en Jaco Oosthuizen.

Related Articles

Back to top button