EntertainmentLifestyle

KYK: Randfonteiner Eloff laat die Afrikaanse musiekbedryf skud

Hy het onlangs sy nuwe treffer 'Geheueverlies' vrygestel en dit is reeds 'n wenner onder sy aanhangers.

Brandon Eloff of net Eloff, soos hy in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf bekend staan, het onlangs sy aanhangers aan die gons gehad met sy eerste enkelsnit Johnnie Blou.

Die Herald het met Eloff gaan gesels om hom beter te leer ken en meer te wete te kom van sy nuwe liedjie wat Vrydag, 25 Februarie vrygestel is.

Die 21-jarige musikant is oorspronklik van Greenhills maar bly nou in Potchefstroom waar hy tans BA Regte met bedryfsielkunde studeer.

Hy het vertel dat hy al vir die afgelope drie jaar vurig besig is om op musiek te fokus, maar hy skryf al sy hele lewe lank musiek.

Die lekkerste vir my van musikant wees is om al die verskillende mense te ontmoet wat my gebring het tot waar ek is want sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie.”

Hy voel geëerd omdat sy musiek tussen al daardie groot name lê na wie hy opkyk.

“Ek het al ‘n paar groot name ontmoet en dan besef hulle is ook maar net so plat op die aarde soos ek.”

Met sy eerste enkelsnit, Johnnie Blou het hy vertel dat hy dit skaars kon glo dat sy liedjie so goed gevaar het.

Sy tweede liedjie, Geheueverlies is op Vrydag, 25 Februarie vrygestel en dinge lyk reeds belowend.

Eloff het verduidelik dat hy vir eens ‘n klomp enkelsnitte gaan vrystel en dit later hopelik met ‘n album sal opvolg.

Hy beskou sy hoogtepunte in die musiekbedryf om sy aanhangers te leer ken wat hom gebring het tot waar hy is, om op die verhoog te staan en te hoor hoe mense sy liedjie saamsing, en om op ‘n klomp verskillende plekke in Suid-Afrika te kan optree.

“Ek sien uit om ‘n groot sukses van my lewe te maak en om eendag te kan sê ek het my beste gegee en alles gedoen wat ek wou terwyl ek nog kon.”

Related Articles

Back to top button