MotoringSport

Groot dinge broei by die Randfontein Rugbyklub

Randfontein Rugbyklub het 'n beroep gedoen op belangstellendes om 'vandag nog aansoek te doen vir 'n afrigterspos by die onderskeie ouderdomsgroepe van o.7 tot o.18'.

Daar is groot dinge aan die gang by Randfontein Rugbyklub wat ‘n nuwe struktuur, planne en embleem insluit.

Volgens klubbestuurder Lulu Kleyn het die Randfontein Rugbyklub se jeugafdeling hande gevat met die seniorafdeling en is die opwinding onder betrokkendes hoog.

Daar is nuwe poste beskikbaar, onder andere besturende afrigtingsdirekteur, senior afrigtingsdirekteur asook junior afrigtingsdirekteur. Doen vandag nog aansoek vir ‘n afrigterspos by die onderskeie ouderdomsgroepe van o.7 tot o.18. LW: Beperkte poste is nog beskikbaar.”

Aansoekers moet verkieslik oor die volgende beskik, maar dit is nie ‘n vereiste nie:

• BokSmart 6
• Vlak 1-afrigting

Volgens Lulu sal die nodige kursusse deur die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) en klub aangebied word.

“Aansoekers is onderhewig aan ‘n keuringsproses,” het sy gesê.

Vir meer inligting skakel Riaan Eloff by 083 640 7070, Johan Cronje by 061 323 8367 of die kantoor by 011 412 4053

Related Articles

Back to top button