Gewigstoot- en diskusakademie maak geskiedenis

Die kompetisie het behels dat atlete in enige ruimte, selfs in hul eie tuin hul kompetisiestote kon doen terwyl dit op hul slimfone opgeneem word

Die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie het onlangs geskiedenis gemaak toe Pierre die eerste virtuele gewigstootbyeenkoms in Suid-Afrika aangebied het.

Atlete van so jonk as agt jaar tot en met meesters van regoor die wêreld kon vir hierdie byeenkoms inskryf.Atlete van onder meer Amerika, Engeland, Ierland, Wallis, Skotland, Hongarye, Puerto Rico, Tunisië, Australië, Tasmanië, Nieu-Seeland, Namibië en Suid-Afrika het met mekaar kragte gemeet.

Mine de Klerk van Welkom.

Die kompetisie het behels dat atlete in enige ruimte, selfs in hul eie tuin hul kompetisiestote kon doen terwyl dit op hul slimfone opgeneem word. Daarna moes hulle die opname van hul beste poging sowel as die meting daarvan instuur vir rekordhouding.Alhoewel dit ‘n vriendskaplike byeenkoms was en in ‘n goeie gees plaasgevind het, het verskeie atlete topprestasies gelewer.

Van die prestasies wat aandag getrek het was onder meer Douw Kruger, 18, van Nelspruit wat met’ n afstand van 19,44m met die 6kg-gewig koning gekraai het. Minè de Klerk, 17, van Welkom het self die oë laat rek met ‘n afstand van 18,20m met die 3kg-gewig, terwyl Jordan Meyer, 13, van Centurion die 4kg-bal op 17,82m laat grondvat het.

Douw Kruger van Nelspruit.

Marni Vermaas, 11, het die 2kg-bal op 11,43m laat val.

Volgens die Akademie was die doel van die kompetisie om die sportsoort uit te bou en te bevorder, terwyl dit atlete wat wêreldwyd as gevolg van die Covid-19 pandemie ingeperk was, aangemoedig het om positief te bly en deel te neem.

Die Akademie wat onlangs met Hoërskool Noordheuwel hande gevat het en voortaan op Hoërskool Noordheuwel se sportgronde gaan afrig, beoog om in die nabye toekoms ‘n tweede virtuele byeenkoms aan te bied wat ook diskus sal insluit.

Marni Vermaas het die 2kg-bal op 11,43m laat val.

Besonderhede sal op hul Facebook-blad beskikbaar wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button