#RandfonteinSkou: ‘Ek kan nie wag om vir my tuisdorp te sing nie’

Man van Greenhills sal vir die eerste keer by vanjaar se Randfontein Skou optree.

Reinhardt Venter, ‘n 36-jarige sanger van Greenhills sal vanjaar vir die eerste keer by die Randfontein Skou optree.

“Ek sien baie daarna uit omdat ek vir my tuisdorp gaan sing,” het hy gesê.

Reinhardt het vertel hoe hy as ‘n klein seuntjie jaar na jaar die Skou saam met sy ouers besoek het, maar nooit kon dink dat hy eendag as ‘n sanger daar sou optree nie.

Hy doen baie optredes reg deur die land, maar dit sal die eerste keer wees dat hy in Randfontein optree.

Lees meer oor Reinhardt se musiekloopbaan in volgende week se Herald.

Exit mobile version