Listeriose: Te bang om iets te eet?

Ek is deesdae te bang om my mond aan kaaswors te sit of 'n stuk lekker biltong te eet wat daar in die slaghuis gehang het..

Behalwe dat mens jou bekommer oor daaglikse dinge soos misdaad, motorbotsings en die verrassings wat die regering in die mou voer, is daar listeriose.

Al is die bron daar ver in Polokwane, is die produkte oral.

Miskien is dit in my yskas, of in die pakkie vleis wat ek hierdie naweek gaan braai.

Daar is geen twyfel nie dat dit paniek onder Suid-Afrikaners gesaai het, en ek is een van dié wat daaroor stres.

Die vraag is wat nou en wat kan ons eet?

Ek is deesdae te bang om my mond aan kaaswors te sit of ‘n stuk lekker biltong te eet wat daar in die slaghuis gehang het. Hoewel dit nie as bly-weg-kos geïdentifiseer is nie, sal mens nooit vir seker weet of die gevreesde listerie-bakterie nie daarin skuil nie.

Ek vra weer: Wat kan en mag ons eet?

Hoe voel jy oor die listeriosekwessie en kan jy dalk my vraag beantwoord? Epos ons by randfonteinherald@caxton.co.za.

Exit mobile version