Wat is jul Kers-planne?

Ken jy dalk 'n Kersvader? Maak jy jou eie elwe? Bou jy dalk 'n slee? Vervoer jy dalk hout vir die kaggel?

Dit was net nou die dag dat ek aan ‘n heerlike skaapboud op Kersdag gesmul het en my op Nuwejaarsdag gate uit geniet het, en nou is dit amper weer sulke tyd.

Die Feesseisoen is maar ‘n lekker jolige tyd. Families kom bymekaar om die werkenjin af te skakel en die ontspanknoppie te aktiveer.

Die Herald wil graag by ons lesers hoor wat julle planne vir die Feesseisoen is.

As jy ‘n besigheid het en iets wil skenk of iets vir die gemeenskap wil doen, vertel vir ons daarvan. As jy ‘n uitspattige kersaffêre gaan hou, laat weet ons en as jy weet van Kersvader wat ‘n draai gaan kom maak, sê vir ons.

Ons sal graag ook wil hoor van plaaslike plekke wat mens in die Feestyd kan besoek of van aktiwiteite waaraan mens kan deelneem. Weet jy van iemand wat gewoonlik oorboord gaan met kersversierings met wie ons dalk ‘n onderhoud kan voer? Ken jy dalk vir Kersvader? Maak jy jou eie elwe? Bou jy dalk ‘n slee? Vervoer jy dalk hout vir die kaggel?

Stuur gerus ‘n epos na randfonteinherald@caxton.co.za of kontak ons by 011 693 3671 om vir ons daarvan te vertel.

Related Articles

Back to top button