Toenemende geweld teen vroue onaanvaarbaar

Is 'n oog-vir-'n-oog-benadering dalk die beste opsie want 15 jaar vir moord laat nie reg en geregtigheid geskied nie ...

Wanneer ‘n vrou koelbloedig vermoor word, is dit een te veel.

Daar moet sowaar iets drasties gedoen word want dit ruk hand uit. Ons wat in die media werk, lees byna daagliks van geweld teen vroue. Ek wil vir julle van twee tragiese insidente vertel.

‘n Man is onlangs skuldig bevind aan die moord op sy vrou. Hy het die moord in Augustus verlede jaar gepleeg terwyl ‘n vriend by hulle op ‘n plaas in Randfontein gekuier het. Hy het sy vrou met ‘n skerp voorwerp doodgesteek, en is 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Net 15 jaar?

IOL het berig van ‘n Milnertonse polisieman – van alle mense – wat eers sy vrou en toe sy dogter doodgeskiet het voordat hy homself geskiet het. Hy het volgens berigte oorleef en is in die hospitaal. Bure sê hulle het meer as 40 skote gehoor. Die ergste is dat die man die Sektorbevelvoerder is en ongeveer 100 patrone ure voor die skietery uitgeboek het.

Beteken 15 jaar vir moord dat reg en geregtigheid geskied het? Moet die doodstraf nie dalk heringestel word nie – ‘n oog vir ‘n oog?

Wat is jou mening oor geweld teen vroue? Laat weet ons per epos by randfonteinherald@caxton.co.za.

Lees ook: Too many liquor stores in Randfontein?

 

Related Articles

Back to top button