MunicipalNews

Kosbare water vermors in Westonaria

Inwoners van Westonaria was keelvol toe hulle nagenoeg twee weke lank skaars genoeg water gehad het om te kon oorleef.

Die inwoners van Westonaria was keelvol toe hulle nagenoeg twee weke lank skaars genoeg water gehad het om te kon oorleef.

Die probleem is veroorsaak deur diewe wat die klep van ‘n waterpyp gesteel het. Enkele minute na die diefstal het water deur die dorp gevloei en biljoene liter drinkwater is so vermors.

Die Herald is oorval deur oproepe van ontstoke gemeenskapslede.

“Mense kon nie bad, stort of hul toilette spoel nie,” het Ester Swart, sekretaresse van AfriForum se Westonaria-tak gesĂª.

Volgens Ester het die hoë waterdruk die asbespype laat kraak. Die hoofwatertoevoerpyp is beskadig.

Die munisipaliteit het glo met die hand in die hare gesit, omdat hulle nie materiaal gehad het om die pype reg te maak nie. Die gemeenskap was bitter ontevrede omdat hulle nie die dienste van die munisipaliteit ontvang waarvoor hulle elke maand betaal nie.

“Diegene wat die probleem moes oplos was ook nĂªrens in sig nie en daarom het AfriForum besluit om sake in eie hande te neem en self die pype te herstel,” het Ester gesĂª.

Ester is van mening dat die munisipaliteit nie die nodige materiaal, gereedskap en voertuie het om behoorlike dienste aan die gemeenskap te lewer nie.

“AfriForum sien die nood in alle gemeenskappe raak en het uit hul eie sak die materiaal aangekoop om die pype te herstel. Die munisipaliteit se werkers het egter die arbeid verrig en die gemeenskap het spoedig weer water gehad,”.het sy vertel.

Die Herald het die munisipaliteit genader vir kommentaar.

“Die munisipaliteit het watertenks gereĂ«l vir tydelike verligting in areas wat geen water gehad het nie. Dit het die munisipaliteit vyf dae geneem om die probleem te herstel, omdat groot waterpype geaffekteer was,” het hul woordvoerder, Tshidiso Tlharipe gesĂª.

Hy het bygevoeg dat die Rand West City Local Municipality die ongerief wat die inwoners moes verduur, op rekord wil plaas, en vra om verskoning dat dit so lank geneem het om die watertoevoer na al die geaffekteerde gebiede te herstel.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button