Water is kosbaar, glo my

Ek woon in Roodepoort aan die Wes-Rand waar baie inwoners sedert die naweek sonder watertoevoer is. Dit het my weer laat besef hoe ‘n kosbare hulpbron water is. Kontrakteurs het glo Saterdag ‘n hoofwaterpyp beskadig maar kan eers met herstelwerk begin sodra die oorstroomde terrein gedreineer is. Dit gaan waarskynlik nog vier dae duur voordat …

Ek woon in Roodepoort aan die Wes-Rand waar baie inwoners sedert die naweek sonder watertoevoer is. Dit het my weer laat besef hoe ‘n kosbare hulpbron water is.

Kontrakteurs het glo Saterdag ‘n hoofwaterpyp beskadig maar kan eers met herstelwerk begin sodra die oorstroomde terrein gedreineer is. Dit gaan waarskynlik nog vier dae duur voordat die toevoer ten volle herstel is.

Ek weet dat baie mense in ons land elke dag so moet lewe, daarom besef mens opnuut hoe ‘n voorreg dié noodsaaklik gerief is. Mens aanvaar dit as vanselfsprekend om die kraan oop te draai en water te sien uitloop wanneer jy wil stort of hande was. Nou blaas daar net lug uit die droë kraan.

So lyk die ritueel waardeur ‘n waterlose stadsbewoner gaan:

1. Skakel die geyser af sodat hy nie uitbrand nie.

2. Skakel rond om te hoor waar die watertenks staan.

3. Skakel familie en vriende om te hoor of hulle water het.

4. Skakel familie en vriende met water om te hoor of jy hul badkamers mag gebruik.

5. Na 24 uur sonder water, gaan maak jy alles wat jy het vol water by die munisipale watertenks.

In so ‘n situasie besef mens eers hoeveel water gebruik word om die toilet te spoel. In ons geval is dit vier liter plus ‘n petrolkan vol.

Vir koffie maak, tande borsel en bad het ons maar bottels en nogmaals bottels gesuiwerde water gaan koop, hoewel ‘bad’ beteken dat jy jouself met ‘n waslappie en water uit die wasbak probeer skoon kry. Dan het party mense nie eers die gerief van ‘n wasbak nie.

Met ‘n baba in die huis moes ons nog heelwat ander reëlings tref …

Dit is die eerste keer dat ek dit ervaar om dae aaneen sonder water te wees en glo my, dit is iets wat jy beslis mis.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version