President Zuma: Moet hy gly of bly?

Verlede Vrydag was vir my, sedert 1994, een van die mooiste gebeurtenisse nog.

• Die redakteur skryf:

Die een keer dat ons land se mense as ‘n eenheid saamstaan teen iets, word dit ook as rassisme afgemaak.

Op Vrydag, 7 April het Suid-Afrikaners – wit, swart, bruin en Indiër van verskillende agtergronde – die strate ingevaar om te betoog dat ons president moet bedank.

Was dit nou nie mooi om te sien nie.

Ja, ek stem saam dat mens nie oor die lyn moet trap en rondstap met ‘n bordjie om jou nek waarop iets beledigend staan en dink dit is reg nie. Zuma het juis beweer dat ‘n paar plakkate rondgeswaai is wat swart mense as bobbejane uitbeeld.

Verskeie opposisiepartye en Save SA het op sy uitlatings gereageer deur te sê dat Zuma uit desperaatheid die rassekaart speel om verdeeldheid te saai en dat daar niks rassisties in die betogings was nie.

Verlede Vrydag was vir my, sedert 1994, een van die mooiste gebeurtenisse nog. Dit gee mens hoop wat ons het gesien dat al verskil ons velkleur kan ons saamstaan. Ek hoop regtig dit gaan so aanhou en dat almal se harde werk vrugte sal afwerp.

Al wat nou moet gebeur is dat die eerlike mense in Zuma se eie party saam met die land stem.

Hoe jy voel oor Vrydag se betogings? Dink jy Zuma moet bedank? Laat weet ons per epos by randfonteinherald@caxton.co.za.

Exit mobile version