Is daar nog hoop vir ‘n hegte Suid-Afrikaanse gemeenskap?

Is dit nog moontlik dat Suid-Afrikaners in vrede kan saamleef en 'n hegte gemeenskap kan bou?

• Die redakteur skryf:

Hoekom kan almal nie in vrede saamleef en ‘n hegte Suid-Afrikaanse gemeenskap bou nie?

Kom ek stel dit so: ‘n Radiostasie het onlangs vir sy luisteraars gevra of dit nog moontlik is dat Suid-Afrikaners in vrede kan saamleef en ‘n hegte Suid-Afrika kan bou.

Daar was mense wat gedink het daar’s nie ‘n manier nie, maar tog is daar Suid-Afrikaners wat glo dinge kan beter raak.

Een van hulle is die Cope-leier, Mosiuoa Lekota. Hy was in die laat sewentiger- en tagtigerjare ‘n politieke gevangene op Robbeneiland .

Let asseblief daarop dat dit nie hier gaan oor watter politieke party die beste is nie, maar wel dat daar mense is wat ten spyte van al die geweld, kwaad en haat in die land positief oor die toekoms bly.

Volgens Lekota behoort Suid-Afrika aan almal wat daarin woon en dat ons almal mekaar moet respekteer.

Hoe voel jy, is dit nog moontlik dat Suid-Afrikaners in vrede kan saamleef en ‘n hegte gemeenskap kan bou? Laat weet ons per epos by randfonteinherald@caxton.co.za.

Exit mobile version