Saam kan ons dit oplos

Saam kan ons die kwaal aanpak en 'n padveilige Randfontein skep.

Die Herald word weekliks met munisipale kwessies oorval.

Die een inwoner kla oor haar motor wat beskadig is toe sy deur ‘n slaggat gery het, ‘n ander vertel van ‘n noue ontkoming wat hy gehad het toe ‘n ander voertuigbestuurder die padreëls verontagsaam het. Daar is nog ‘n menigte ander voorbeelde.

Ek dink ons kan die probleme saam oplos. Help ons om die probleme asook die straat en area te identifiseer deur vir ons ‘n epos te stuur na randfonteinherald@caxton.co.za.

Saam kan ons die kwessie pak en veilige Randfontein-paaie skep.

Exit mobile version