EntertainmentLifestyle

Vierde Oppiwater Kunstefees

Die OPPIWATER KUNSTEFEES is ‘n baie unieke kunstefees met meer as 20 verskillende Produksies

RSG en LEFRA PRODUKSIES se vierde Oppiwater Kunstefees vind volgende jaar plaas van 30 April tot 5 Mei 2017 aanboord die luukse MSC Sinfonia. Die OPPIWATER KUNSTEFEES is ‘n baie unieke kunstefees met meer as 20 verskillende Produksies wat elkeen ‘n paar keer speel in die verskeie teaters en venues op die MSC Sinfonia. Volgende jaar se OPPIWATER KUNSTEFEES vertrek vanaf Kaapstad en besoek Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai. Besprekings vir volgende jaar se Oppiwater Kunstefees kan gedoen word by 0860 11 44 11 of op die webtuiste: www.oppiwater.co.za VIr meer inligting, skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan: admin@lefra.com Die OPPIWATER KUNSTEFEES word aangebied met die vriendelike samewerking en ondersteuning deur Stuttaford van Lines, McCarthy Volkswagen Arcadia, RSG en Sounds Good.

Ooms

Die feesprogram vir die OPPIWATER KUNSTEFEES is so pas bekend gemaak en dit is sommer ‘n heerlike Feesprogram! Feesgangers kan na die volgende Produksies uitsien:

AS DROME VLERKE KRY met Hennie Smit en Arina de Witt
BLOU-BLOU met Erik Holm
BONJOUR MONSIEUR BREL met Jannie du Toit, Susan Mouton en Coenraad Rall
CHRISTO EN COBUS met Christo Snyman en Cobus Snyman
DIE EGGO VAN JOU OË met Jannie du Toit
DIE JALOERSBOKKIES met Jawaaiher Pietersen, Nedine Blom en Ashur Pietersen
DIE WYN, DIE VROU, DIE LIED met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief met volle wynproe deur Van Loveren Wyne
FIELA SE KIND deur Dalene Matthee, verwerk deur Suzanne van Wijk en regie deur Frans Swart
KOM KOOK MET MARTELIZE met Martelize Brink
MY PASSIE VIR JESUS met John Jacobs
OOMS met Tobie Cronjé en Gerben Kamper
OP DIE EERSTE EEN met Pieter Smith
REFENTSE met Refentse
RSG RADIODRAMA met Johan Rademan as regisseur
SOEN MY, DRUK MY met Alwyn Oberholster
STOUT (BAIE STOUT) MET DERRICH met Derrich Gardner
WEGVAARTPARTYTJIE met verskeie kunstenaars
OPPIWATER ONTPLOFFING met verskeie kunstenaars
RSG REGSTREEKSE BUITE UITSENDINGS vanaf die dek
ONTMOET DIE KUNSTENAARS met verskeie kunstenaars

Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG sê sy is baie opgewonde oor die OPPIWATER KUNSTEFEES. “RSG is altyd voorlopers en met hierdie OPPIWATER KUNSSKIPPIE van ons bring ons totaal ‘n unieke bootvaart vir ons luisteraars. RSG is daarvoor bekend dat ons die kunste ondersteun en ontwikkel en die OPPIWATER KUNSTEFEES se sukses spreek boekdele hiervan.”

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies sê dat die OPPIWATER KUNSTEFEES ‘n groot uitdaging vir Lefra en RSG is. “Om meer as 20 produksies op ‘n boot in vyf dae aan te bied is nogal vir ons ‘n groot uitdaging. Maar dis ‘n baie lekker uitdaging. Dis vir ons so lekker as ons sien hoe die Oppiwater gaste die Fees geniet. Almal bespreek Produksies, drink ‘n mengeldrankie op die dek, geniet ‘n vyfgang ete in die restaurant en hol dan weer na die volgende produksie toe.”

Bespreek nou vir die OPPIWATER KUNSTEFEES by 0860 11 44 11 of bespreek by www.oppiwater.co.za

UITGEREIK DEUR RSG EN LEFRA PRODUKSIES
MEDIANAVRAE/ONDERHOUDE:
CHARL SENEKAL
Tel: (011) 815 3000
Epos: admin@lefra.com

Related Articles

Back to top button