Sy klink soos lente

Wat sou jy doen as jy die meisie van jou drome ontmoet, en weet jy’s nie goed genoeg vir haar nie?

Regisseur: Corne van Rooyen (Ook Hollywood in my Huis en skiet nou Vaselinetjie.)
Produksiehuis: Bouwer Bosch Films en The Film Factory
Vervaardigers: Bouwer Bosch, Stiaan Smith, Tina Kruger, Rachelle Crous, Danie Bester
Draaiboekskrywer: Stiaan Smith
Rolverdeling: Amalia Uys (7de Laan, Binnelanders), Stiaan Smith (ook in Vir Altyd), Bennie Fourie (Mooirivier, Die Pro), Ryan Cuningham, Wilson Dunster, Bouwer Bosch, Elize Cawood, Darren Kelfkens, Tina Kruger

Ben (Stiaan Smith), ‘n selfvoldane werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ‘n beeldskone, nie-op-die-mond-geval, ouditeur een aand in ‘n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke, maar toe Linda vra wat hy doen vir ‘n lewe, jok hy en sê dat hy die hoofsanger in ‘n band is. Want nie net is Linda uit sy liga nie, haar pa is sy baas.
Linda hou dadelik van die sjarmante “muso”, hulle val vir mekaar, en Ben moet ‘n band begin om sy leuen te verbloem en die meisie van sy drome se hart te wen.
THE FILM FACTORY en BOUWER BOSCH FILMS bied aan ‘n storie oor onverwagse vriendskappe, om jou passies te herontdek, en om uit te vind wat dit beteken om goed genoeg te wees.

Exit mobile version