Om te skiet, of nie te skiet nie

Dit is nie baie duidelik in watter omstandighede jy die reg het om jouself te verdedig nie.

Hoe veilig is mens in jou eie huis?

Ek het onlangs afgekom op ‘n artikel in ons susterskoerant, The North Coast Courier, met die titel When is shooting an intruder self-defence?

Stel jou voor jy, jou vrou en twee kinders slaap en drie mans breek by jou huis in. Jy weet nie of hulle gewapen is nie, maar jou eerste gedagte is om jou gesin te beskerm.

Jy haal jou vuurwapen uit, reg om jou gesin te beskerm. Jy besluit die enigste uitweg is om op die indringers te skiet uit vrees dat hulle dalk jou gesin gaan doodmaak. Het jy reg opgetree?

Volgens die berig is dit nie baie duidelik in watter omstandighede jy die reg het om jouself te verdedig nie.

Dieter Fittkau, Ballito UIP Sekuriteitsbestuurder het aan The Courier verduidelik, “In die lig van die kennis wat jy opgedoen het toe jy vir jou vuurwapenbevoegdheidsertifikaat aansoek gedoen het, behoort jy te weet wanneer jy iemand uit selfverdediging (noodweer) mag doodskiet”.

Hy het ook gesê, “Wanneer die howe die regmatigheid van selfverdediging bepaal, word die beginsel van die ‘redelike man’ as toets gebruik – die vraag is of ‘n redelike man in dieselfde omstandighede dieselfde sou opgetree het.”

Daar word vyf belangrik faktore genoem om in ag te neem:

• Die aanval moet onwettig wees

• Die aanval moet op die punt staan om te gebeur (dreigend), of reeds aan die gebeur wees

• Die aanval moet aan die gebeur wees (dit is nie selfverdediging as mens iemand na die aanval skiet nie)

• Die noodweer moet slegs op die aanvaller gemik wees

• Die noodweer moet gepas wees vir die omstandighede (eiendomswaarde en die instrument wat in die aanval gebruik word, is die hoofoorwegings)

Dit klink dalk ‘n bietjie vaag maar as jy dié riglyne volg en jou optrede binne die beginsels van selfverdediging hou, sal jy glo nie vervolg word nie.

Lees die volledige berig hier: https://northcoastcourier.co.za/69069/when-is-shooting-an-intruder-self-defense/.

Wat is jou siening oor die saak? Stuur vir ons ‘n epos na randfonteinherald@caxton.co.za.

Exit mobile version