Samesmelting van twee munisipaliteite het mense op hol

Hoe voel u oor die naamverandering van die munisipaliteit?

Dit is baie interessant dat ons munisipaliteit (Randfontein) nou saam met Westonaria sedert stemdag as die Rand West City Local Municipality bekendstaan.

Ek moet sê nie almal het die ‘goeie’ nuus met ope arms ontvang nie.

Op Maandag, 8 Augustus het die Herald ‘n artikel met die opskrif It’s official, we’ve merged (https://www.citizen.co.za/randfontein-herald/226327/its-official-weve-merged/) op sosiale media geplaas en van die lesers het as volggereageer … (Lees die volledige berig op ons webwerf)

Joanne Muller sê: “Wat n teleurstelling.!!!!!!!!!? Dit gaan een groot flop gemors afgee.”

Marco van der Bank: Solank huis begin soek in Krugersdorp!

Kom ons sê argumentsonthalwe dat die naam van die dorp Randfontein moet verander. Wat sou u graag as die nuwe naam wou hê?

Die Herald het juis verlede jaar as deel van April Fools Day ‘n artikel geplaas dat Randfontein se naam na Emhlangeni [https://www.citizen.co.za/randfontein-herald/180900/welcome-to-emhlangeni/] gaan verander. Selfs die burgemeester het saamgespeel.

Nou is die munisipaliteit se naam is klaar verander – wat is volgende? – –

Wys jou net, ‘n grap is nie altyd ‘n grap nie.

Hoe voel jy oor die naamverandering van die munisipaliteit? Laat weet ons per epos by randfonteinherald@caxton.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version